Vasgestelde skooltye
Pre-primêr
Laerskool
eerste 4 weke
na die eerste 4 weke
3de en 4de kwartaal (saalopening op Maandae)
Eksamens
Die skool verdaag vanaf die dag voor die eksamens in Junie en November begin tot die dag voor die skool aan die einde van die kwartaal sluit om 12:30. Gedurende hierdie paar weke sal daar net een pouse wees van 10:00 tot 10:40.
Dag wat die skool sluit
Die skool sluit op die laaste dag van elke skoolkwartaal om 11:00. Leerders verdaag na die kerksaal vir die afsluiting om 10:30. Na die afsluiting is daar meestal ’n koekverkoping ter stywing van die Moederkomitee se fondse. Gr. 7 seuns sal voor die saalafsluiting enkele tafels regpak onder die afdak langs meneer se kantoordeur.
Oppasdiens
Mev. Melandie Costerus het aangebied om leerders wat om 12:45/13:00 uitkom en tot 13:45 vir ouer boeties/sussies moet wag, op te pas teen ’n klein daaglikse vergoeding. Dit is ook moontlik om met haar ’n reëling te tref oor kinders wat tot 15:00 moet wag vir ouer boeties/sussies wat sport doen. Geen leerders mag buite die skoolgronde vir hulle ouers wag na 14:00 nie. Grondslagfase personeel maak seker dat alle junior leerders reeds opgetel is, voordat hulle die hek van die skool weer sluit.