Back

Skoolhoof

Mnr. Erik van der Linden
Skoolhoof

’n Skool se identiteit hang nie af van sy “papierwerk” (grondwet, visie en missie) nie, maar in die manier waarop ons skool gee, die materiaal wat ons aanbied en die manier waarop ons met mekaar omgaan. In alles moet ons in gedagte hou dat ons die geur van Christus moet versprei, soos ons dit so duidelik lees in 2 Kor. 2: 14-17: “Maar God sy dank, wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. Want ons is ’n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan ...” Die samebindende karakter van die skool is die Woord van die Here. Dit wat God van ons in die Skrif eis, staan voorop in ons doen en late. Hierin wil ons dan ook die leerlinge tot volwassenheid lei. In die klaskamer stel Gereformeerde onderrig uiteraard ook geweldige eise. Nie net moet die didaktiese getuig van ‘n uitnemende standaard nie, maar moet daar deeglike voorbereiding geskied om te verseker dat die leerlinge God se koningskap in elke vakgebied bely, slegs dan maak die didaktiese leerinhoud sin.

Onderwyspersoneel

Mev. Risella Botha
Graad R

Mnr. Erik van der Linden
Graad 6 & 7

Mev. Christine Mars
Graad 1

Mev. Hester Rousseau
Graad 2 & 3

Mev. Henriette van der Linden
Graad 4 & 5

Mev. Elsbeth van der Linden
Engels (Graad 4 tot 7)

Hulppersoneel

Mev. Margriet de Mooij
Blokfluit

Mev. Alta du Plessis
Privaat klavieronderrig

Sekretaresse

Mev. Elsbeth van der Linden
Sekretaresse