Back

Sport

Ten spyte van die GLB se klein leerdertal en personeelkorps streef ons daarna om ons leerders aan soveel as moontlik geleenthede bloot te stel. Met hierdie aktiwiteite bied ons die leerders die geleentheid om hul Godgegewe talente te ontdek en te ontwikkel. Deelname is daarom vir ons baie belangrik. Saam met hierdie deelname wil ons die leerders daartoe lei om vanuit die Skrif ’n waarde-oordeel neer te lê oor die wyse waarop sportaktiwiteite beoefen word. Die volgende sportaktiwiteite word aangebied:
  • Atletiek
  • Swem
  • Tennis
  • Krieket
  • Sokker
  • Netbal
  • Handbal
  • Hokkie
Tydens die Grondslagfasetyd van die leerders is bogenoemde aktiwiteite daarop gerig om hulle die vaardighede wat benodig word vir die speel van die verskeie sportsoorte aan te leer. Vir die doel word handbal-, sokker-, krieket-, hokkie- en tennisvaardighede gedurende skooltyd aan al ons leerders aangebied.

Somersport

Krieket
Word aangebied vir seuns in graad 4 tot 7. Een oefening van ’n uur per week. Die skool beskik oor ’n krieketblad. Waar moontlik probeer die betrokke onderwyser wedstryde teen ander skole reël.

Tennis
Word aangebied vir seuns en dogters van graad 4 tot 7. Chrismar tennisbane word daarvoor gebruik. Tennis word in drie groepe aangebied, naamlik beginners, juniors en seniors. Dit behels een oefening van ’n uur per week.

Atletiek
Jaarliks word daar ’n interskole atletiekdag teen ander Christen- privaatskole gehou. As voorbereiding daarop word atletiek in skooltyd aangebied. Dit bestaan uit kortafstand, langafstand, gewigstoot en verspring items. Ons hou ’n kleuresportbyeenkoms. Leerders neem in ouderdomsgroepe aan verskillende items deel.

Swem
Die jaarlikse swemgala teen Hebron Christenskool is nou al ’n instelling en ’n wonderlike geleentheid waaraan al ons leelders deelneem. Oefeninge vind gedurende skooltyd (L.O periodes) by privaat swembaddens (Grondslagfase) en Oakdale Klub se swembad (Intermediêre- en Seniorleerders) plaas.

Wintersport

Netbal
Word aangebied vir dogters in graad 4 tot 7. Een oefening van 1uur per week. Die skool beskik oor twee netbalbane. Wedstryde teen ander skole word gereël waar moontlik.

Sokker
Word aangebied vir seuns van graad 4 tot 7. Die skool het sy eie mini-sokkerveld met doelpale. Leerders moet hul eie beenskutte voorsien. Een 1uur oefening per week.

Hokkie
Word vir seuns en dogters van graad 4 tot 7 aangebied. Een oefening van 1 uur per week. Wedstryde teen ander skole word gereël waar moontlik.

Senior sportprogram (Graad 4 tot 7)

Somerkwartale (1ste en 4de)

WEEKSDAG
SPORT
TYD
AFRIGTER
Maandag
Krieket vir seuns, op GLB se sportgronde
14:00 – 15:00
Mnr. Erik van der Linden
Dinsdag
Blokfluit vir seuns en dogters by GLB
14:00 – 14:30
Mev. Margriet de Mooij
Woensdag
Donderdag
Tennis vir seuns en dogters, Chrismar Tennisbane
14:00 – 15:00
Mev. Henriette van der Linden
Vrydag

Winterkwartale (2de en 3de)

WEEKSDAG
SPORT
TYD
AFRIGTER
Maandag
Hokkie vir seuns en dogters
14:00 – 15:00
Mnr Erik van der Linden , Christine Mars, Christine Breyl
Dinsdag
Blokfluit vir seuns en dogters by GLB
14:00 – 14:30
Mev. Margriet de Mooij
Woensdag
Donderdag
Netbal en sokker vir seuns en dogters
14:00 – 15:00
Mev. Hester Rousseau en Mnr. Erik van der Linden
Vrydag
Reelings:
  • Daar word ’n ryrooster opgestel vir die ry vanaf GLB na die tennisbane. Ouers reël egter self die vervoer van die leerders vanaf hierdie plekke huis toe.
  • Indien dit om 13:00 reën, sal die sport d.m.v. ’n kennisgewing op die WhatsApp-groep gekanselleer word.
  • Leerders moet asseblief in L.O.-drag aanmeld vir die verskillende sportsoorte en ook die korrekte sportbenodighede hê.
  • Leerders moet asseblief nie self verskoning aanteken wanneer hulle ’n oefening mis nie – u as ouers moet asseblief die betrokke personeellid laat weet.