Back

Kultuur

Skoolkoor
Alhoewel daar nie ’n formele skoolkoor is nie, sing die hele skool elke Maandag na saal vir ’n kwartier saam. Leerders leer tradisionele Afrikaanse- en Engelse- asook geestelike liedere aan. As skool oefen ons elke jaar ’n Paasfees en/ of Kersprogram in. Hierdie program word dan by een of meer ouetehuise in ons omgewing aangebied.

Blokfluit
Word aangebied van graad 2 tot 7. Daar is ongeveer vyf groepies wat ingedeel word op grond van die leerders se vaardigheid. Leerders moet oor hulle eie blokfluite beskik. Graad 2 en 3 blokfluit word tydens skoolure aangebied. Vir graad 4-7 word dit op Dinsdae na skool aangebied.

Musiekaktiwiteit
Word aangebied tydens skoolure vir graad 1- 3 leerders wat nie blokfluit speel nie. Basiese musiekteorie word behandel, liedjies, dansies en musiekspeletjies word aangeleer. Verskillende soorte musiek word beluister.

Privaat klavieronderrig
Leerders van graad R – 7 kan tydens skoolure musiekplesier en formele onderrig in klavier van Mev. Alta du Plessis (Tel: 021 948 1639) ontvang. Leerders word uit die klasse geroep vir lesse en is self verantwoordelik om die werk wat hulle in die tyd mis, in te haal.

Leerders kry die geleentheid om aan die Tygerberg Internasionale Eisteddfod deel te neem aan verskeie items, asook om Unisa eksamens te speel en te skryf. Leerders vaar uitstekend by bogenoemde geleenthede.

Privaat vioolonderrig
Me Marelize Zeeman bied vioollesse aan op die skool se perseel, op Woensdae en Vrydae van 14:00 tot 18:00. Kontak haar gerus vir enige nadere inligting: 076 635 6528.

Tygerberg Internasionale Eisteddfod
Leerders word jaarliks deur klasonderwysers gekies om aan die volgende afdelings deel te neem:

Voordrag van gediggies (gr. R – 7)
Handskrif (gr. 1 – 6)

Ons probeer deelname aanmoedig, nie prestasie nie. Tog vaar ons leerders jaarliks uitstekend by hierdie Eisteddfod.