Back

Veldskool

Aan die einde van elke jaar gaan die graad 6- en 7-klas op Veldskool. Dit word in ‘n twee-jaar siklus gedoen:

Ewe jare: Fynbos en rotspoele by Kleinmond en die Harrold Porter Natuurtuin
Onewe jare: Die luiperd-projek in die Sederberge

Die doel van die veldskool:

• Om by die leerlinge ‘n besef van die grootsheid en skoonheid van God se skepping tuis te bring en hulle te oriënteer t.o.v. hul eie plek, rol en waarde in die Skepping.
• Om sekere aspekte van die leerplanne ‘n praktiese beslag te gee.
• Om die leerlinge te lei tot die ontdekking van hul eie potensiaal.
• Om leerlinge finaal af te rond en voor te berei vir die Hoërskool.

Kogelberg (4 dae)
Ons skool is so geseënd om in die pragtige Kaapse Skiereiland geleë te wees met sy fynbosblommeryk, berge en see. Die Kogelbergarea, minder as ‘n uur se ry van ons skool af, is bekend vir sy ongelooflike diversiteit in plant en dierspesies. Aangesien baie van hierdie plante en seediere uiters kwesbaar is, rus daar ‘n groot verantwoordelikheid op ons om dit op te pas.

Die program van hierdie veldskool lyk soos volg:

• Bybelstudie
• Fynbos – Ekologie
• Fynbos – Spesies
• Fynbos – brande
• Fynbos – vergelykende studie – kus en berg
• Getypoele – Abiotiese faktore
• Getypoele – Ekologie
• Getypoele – Spesies – bou en gewoontes
• Getypoele – navorsingprojek
• Mikroskoopwerk - insekte
• 2 staproetes

Sederberge (5 dae)
In 2009 het ons saam met Quinton Martin, van die Cape leopard Trust, ‘n program uitgewerk waarin ons die leerlinge bewus maak van die groot diversiteit van die Sederberge en ons verantwoordelikheid om dit te bewaar.

Vir hierdie doel het ons die volgende in ons program ingewerk:

• Bybelstudie
• Die Kaapse Luiperd
• Ander soogdiere van die Sederberge
• Slange en slangbyte
• Skerpioene
• Spore en spoorsny
• Witkruisarende
• Fossiele
• San-artefakte
• Wolfbergskeure
• Stadsaalgrotte