GLB voorkomsbeleid
SOMER: Skoene is opsioneel – leerders mag kaalvoet skool toe kom in die somer. Indien ’n langbroek egter gedra word, moet skoene ook gedra word.
WINTER: Skoene is verpligtend in die winterkwartale – geen leerder mag sonder skoene skool toe kom nie.
SEUNS
DOGTERS
SEUNS
DOGTERS
- wit skoolhemp: oopslaan kraag sonder das of daskraag met das
(geen frokkie wat uitsteek by die wit hemp nie, asseblief) - grys kort- of langbroek
- grys kouse/sokkies & swart veterskoene
- wit skoolhemp: oopslaan kraag sonder das of daskraag met das
(geen frokkie wat uitsteek by die wit hemp nie, asseblief) - donkerblou broekrompie
- donkerblou skoolkouse of wit sokkies & swart skoene met gespe
OF …
- wit skoolhemp: oopslaan kraag sonder das of daskraag met das
(geen frokkie wat uitsteek by die wit hemp nie, asseblief) - grys damesnit langbroek
- grys of donkerblou kniekouse, -sokkies of donkerblou broekiekouse
(nie wit sokkies by die grys langbroek nie) - swart skoene met gespe
- donkerblou LO-broek of skoolsweetpak
- kort- of langmou LO-hemp
- wit sokkies
- wit tekkies
- donkerblou LO-broek of skoolsweetpak
- kort- of langmou LO-hemp
- wit sokkies
- wit tekkies
- Die skool se sweetpakbaadjie mag enige tyd gedra word.
- ’n Langmou, donkerblou V-nek skooltrui mag gedra word onder die skool sweetpakbaadjie, maar nooit sonder ’n skool sweetpakbaadjie nie.
- Indien ’n langmou en/of moulose skooltrui by ’n sporthemp gedra word, mag dit slegs onder die sweetpakbaadjie wees.
- ’n Moulose, donkerblou V-nek skooltrui mag by die wit skoolhemp gedra word sonder die baadjie, SLEGS indien dit ’n standaard skooltrui is wat by ’n erkende* skooldrag handelaar aangekoop is en skoon en heel is.
*Erkende publieke handelaars in skooldrag sluit in: PEP, Ackermans, Woolworths, Edgars, De Jagers en School & Leisure.