GLB voorkomsbeleid
SOMER: Skoene is opsioneel – leerders mag kaalvoet skool toe kom in die somer. Indien ’n langbroek egter gedra word, moet skoene ook gedra word.
WINTER: Skoene is verpligtend in die winterkwartale – geen leerder mag sonder skoene skool toe kom nie.
WEEKSDAG | GRAAD 1 - 3 | GRAAD 4 - 7 |
Maandag | Skooldrag | Skooldrag |
Dinsdag | Skooldrag | Skooldrag |
Woensdag | Sportdrag | Sportdrag |
Donderdag | Skooldrag | Skooldrag |
Vrydag | Sportdrag | Skooldrag |
SKOOLDRAG SEUNS | SKOOLDRAG DOGTERS |
|
OF...
|
SPORTDRAG SEUNS | SPORTDRAG DOGTERS |
|
|
- Die skool se sweetpakbaadjie mag enige tyd gedra word.
- ’n Langmou, donkerblou V-nek skooltrui mag gedra word onder die skool sweetpakbaadjie, maar nooit sonder ’n skool sweetpakbaadjie nie.
- Indien ’n langmou en/of moulose skooltrui by ’n sporthemp gedra word, mag dit slegs onder die sweetpakbaadjie wees.
- ’n Moulose, donkerblou V-nek skooltrui mag by die wit skoolhemp gedra word sonder die baadjie, SLEGS indien dit ’n standaard skooltrui is wat by ’n erkende* skooldrag handelaar aangekoop is en skoon en heel is.
*Erkende publieke handelaars in skooldrag sluit in: PEP, Ackermans, Woolworths, Edgars, De Jagers en School & Leisure.