Akademie

LEES MEER

Buitemuurs

LEES MEER

Projekte

LEES MEER

Welkom by Die Gereformeerde Laerskool Bellville

’n Skool waar die geur van Christus heers, bruis van die lewe saam met Christus. Daar heers blydskap omdat die onderwysers en leerlinge anders is. Daar word die liefde en genade van Christus weerspieël in die omgang met mekaar. Daar is onderwysers lief vir die kinders, omdat Christus vir hulle lief is. So gaan ons ook met mekaar om as daar iets gebeur wat ongewens of onvanpas is. Op ’n gereformeerde skool is die onderwysers en leerlinge nie in die eerste plek sondaars nie, maar deur God geliefde kinders wat in Christus ons liefde werd is. Hierdie liefde is een van die vrugte van die Gees en ’n geskenk van Jesus self. So mag ons in alles met mekaar omgaan. So ’n skool word ook gekenmerk deur die belangrikheid van lofprysing en aanbidding. Ons loof God vir alles wat Hy elke dag vir ons gee. Ons erken sy magtige hand in die alledaagse gebeure by die skool en ons bely ons eie swakheid voor Hom.

    Kontak besonderhede

    Telefoon

    +27 21 919 7816

    Fisiese adres

    H/v Frans Conradie en Stellenbergweg, Bellville

    E-pos

    admin@dglb.co.za

    Posadres

    Posbus 336, Sanlamhof, 7532