Back

GLB voorkomsbeleid

SOMER: Skoene is opsioneel – leerders mag kaalvoet skool toe kom in die somer. Indien ’n langbroek egter gedra word, moet skoene ook gedra word.
WINTER: Skoene is verpligtend in die winterkwartale – geen leerder mag sonder skoene skool toe kom nie.

WEEKSDAG

GRAAD 1 - 3

GRAAD 4 - 7

Maandag

Skooldrag

Skooldrag

Dinsdag

Skooldrag

Skooldrag

Woensdag

Sportdrag

Sportdrag

Donderdag

Skooldrag

Skooldrag

Vrydag

Sportdrag

Skooldrag

SKOOLDRAG

SEUNS

SKOOLDRAG

DOGTERS

  •   wit skoolhemp: oopslaan kraag sonder das of daskraag met das (geen frokkie wat uitsteek by die wit hemp nie, asseblief)

  •   grys kort- of langbroek

  •   grys kouse/sokkies & swart veterskoene

  •   wit skoolhemp: oopslaan kraag sonder das of daskraag met das (geen frokkie wat uitsteek by die wit hemp nie, asseblief)

  •   donkerblou broekrompie

  •   donkerblou skoolkouse of wit sokkies & swart skoene met gespe

OF...

  •   wit skoolhemp: oopslaan kraag sonder das of daskraag met das (geen frokkie wat uitsteek by die wit hemp nie, asseblief)

  •   grys damesnit langbroek

  •   grys of donkerblou kniekouse, -sokkies of donkerblou broekiekouse
    (nie wit sokkies by die grys langbroek nie)

  •   swart skoene met gespe

SPORTDRAG

SEUNS

SPORTDRAG

DOGTERS

  •   donkerblou LO-broek of skoolsweetpak

  •   kort- of langmou LO-hemp

  •   wit sokkies

  •   wit tekkies

  •   donkerblou LO-broek of skoolsweetpak

  •   kort- of langmou LO-hemp

  •   wit sokkies

  •   wit tekkies

  • Die skool se sweetpakbaadjie mag enige tyd gedra word.
  • ’n Langmou, donkerblou V-nek skooltrui mag gedra word onder die skool sweetpakbaadjie, maar nooit sonder ’n skool sweetpakbaadjie nie.
  • Indien ’n langmou en/of moulose skooltrui by ’n sporthemp gedra word, mag dit slegs onder die sweetpakbaadjie wees.
  • ’n Moulose, donkerblou V-nek skooltrui mag by die wit skoolhemp gedra word sonder die baadjie, SLEGS indien dit ’n standaard skooltrui is wat by ’n erkende* skooldrag handelaar aangekoop is en skoon en heel is.

*Erkende publieke handelaars in skooldrag sluit in: PEP, Ackermans, Woolworths, Edgars, De Jagers en School & Leisure.